Elektriese werkers - Electrical Workers
Ligpos (Pty) Ltd
REGISTREER JOU PROFIEL: ELEKTRIESE PERSONEEL (ALLE VLAKKE)
Sektor: Konstruksie, Instandhouding & Elektriese Industrie
Besoldiging: Markverwant / Projek-afhanklik
Oor Ons
Ligpos is ’n geakkrediteerde arbeid- en personeelagentskap wat spesialiseer in die verskaffing van tegniese personeel aan die konstruksie- en elektriese sektor. Ons kliënte is deurlopend op soek na vaardige mense in die elektriese veld. Ons bou tans ons databasis op om vinnig te kan reageer sodra nuwe poste opduik.
Hetsy jy ’n ervare spesialis is of net jou loopbaan begin – as jy in die elektriese veld werk, wil ons jou op ons databasis hê sodat ons jou dadelik kan kontak vir die regte geleentheid.
Na Wie Is Ons Op Soek? (Enige vlak van kundigheid):
Gekwalifiseerde Elektrisiëns: Manne met ’n geldige Rooiseël (Trade Test) en bewese ondervinding.
Elektriese Vakleerlinge & Assistent Elektrisiëns: Gedrewe individue wat besig is met hul N-kursusse of praktiese opleiding, onafhanklik kan dink en die potensiaal het om as spanleiers op terrein op te tree.
Elektriese Assistente & Algemene Werkers: Kandidate met basiese elektriese kennis of terrein-ondervinding wat hardwerkend en pligsgetrou is.
Algemene Profiel & Vereistes
Toepaslike elektriese kwalifikasies, sertifikate of bewese praktiese ondervinding (vlak-afhanklik).
Vlot in Afrikaans en Engels (praat, lees en skryf).
Goeie gesondheid en sterk arbeidsetiek (stiptelik, netjies en neem verantwoordelikheid).
Verstand van korporatiewe of terrein-rangorde en respek teenoor seniors.
Sober gewoontes en ’n skoon kriminele rekord.
Voordelige Eienskappe (Nie krities nie, maar gee jou ’n voorsprong):
Geldige voertuigbestuurslisensie.
Geldige sertifikaat vir werk op hoogte (Working at Heights).
Nie-roker profiel.
REGISTER YOUR PROFILE: ELECTRICAL PERSONNEL (ALL LEVELS)
Sector: Construction, Maintenance & Electrical Industry
Remuneration: Market-related / Project-dependent
Ligpos is a professional labour and recruitment consultancy specializing in sourcing technical talent for the construction and electrical sectors. Our clients frequently request electrical workers across various skill levels. We are currently expanding our database to ensure we can match candidates to jobs immediately as vacancies arise.
Whether you are a seasoned specialist or just starting your career—if you work within the electrical field, we want your profile on our system so we can connect you with the right opportunity.
Who Are We Looking For? (Any level of expertise):
Qualified Electricians: Artisans holding a valid Red Seal (Trade Test) with proven industry experience.
Electrical Apprentices & Assistant Electricians: Driven individuals pursuing N-courses or practical training, who can think independently and possess the potential to act as on-site team leaders.
Electrical Assistants & General Labour: Individuals with basic electrical knowledge or hands-on site experience who are hardworking and reliable.
General Profile & Requirements
Relevant electrical qualifications, certificates, or proven practical experience (dependent on the level).
Fluent in both Afrikaans and English (speaking, reading, and writing).
Good health and a strong work ethic (punctual, neat, and accountable).
Understanding of site/corporate hierarchy and respect for superiors.
Sober habits and a clean criminal record.
Advantageous Attributes (Not critical, but gives you an edge):
Valid driver's license.
Valid Working at Heights certificate.
Non-smoker.