Rekenkundige / Administratiewe Beampte

Pnet

Reference: PTA000489-NH-1

Posbeskrywing: Rekenkundige / Administratiewe Beampte

Ligging

Bloemfontein

Werkswyse

Werk vanaf huis af, met plaaslike ondersteuning en administratiewe take in Bloemfontein.

Oor die pos

Ons is op soek na ’n bekwame en selfstandige Rekenkundige / Administratiewe Beampte om finansiële en administratiewe ondersteuning te bied aan ’n jagbesigheid, asook aan ’n studentehuis wat van tyd tot tyd administratiewe hulp benodig.

Die suksesvolle kandidaat moet sterk administratiewe en finansiële vaardighede hê, noukeurig kan werk, onafhanklik kan dink en take doeltreffend kan bestuur. Die pos behels onder andere rekeningkundige werk tot op proefbalansvlak, betalings, dataverwerking, die byhou van verskeie Excel-spreadsheets, asook die reël van reislogistiek en permitte.

Aangesien sekere take plaaslik in Bloemfontein verrig moet word, moet die kandidaat woonagtig wees in Bloemfontein en beskik oor ’n geldige bestuurslisensie en eie voertuig.

Duties & Responsibilities

Hoofverantwoordelikhede

  • Hantering van rekeningkundige funksies tot en met proefbalans
  • Verwerking en bestuur van finansiële data
  • Maak van betalings
  • Byhou en opdateer van verskeie Excel-spreadsheets
  • Administratiewe ondersteuning aan die jagbesigheid
  • Administratiewe ondersteuning aan ’n studentehuis soos benodig
  • Reël van reisbesprekings en logistieke ondersteuning
  • Reël van permitte en ander relevante dokumentasie
  • Algemene administratiewe en koördineringspligte
  • Interpretasie van finansiële state

Minimum vereistes

  • Bewese ondervinding in ’n rekeningkundige en/of administratiewe rol
  • Matriek met Rekeningkunde as 'n vak.
  • Vermoë om te werk tot op proefbalansvlak
  • Vermoë om finansiële state te interpreteer
  • Ervaring met Pastel Partner
  • Sterk vaardighede in Microsoft Excel
  • Goeie administratiewe en organisatoriese vermoë
  • Vermoë om selfstandig te werk en inisiatief te neem
  • Sterk datahanteringsvaardighede
  • Geldige bestuurslisensie
  • Eie voertuig
  • Woonagtig in Bloemfontein

How to apply

To apply for this job you need to authorize on our website. If you don't have an account yet, please register.