Ajani | Vakleerlingfasiliteerder: Studente Plasings

SBM Groep

Ajani is ‘n Afrikaanse maatskappy wat funksioneer binne ‘n Christelike waardestelsel. Ajani is betrokke by die uitplasing van ambagstudente vir die voltooiing van hul werkgerigte leer komponente en fasiliteer ook die skedulering van vaktoetse vir studente wat hul leerprogramme suksesvol voltooi het. Ons is opsoek na ’n dinamiese en goed-georganiseerde

Vakleerlingfasiliteerder om by ons span in Monumentpark aan te sluit.

Die Vakleerlingfasiliteerder is verantwoordelik vir die akkurate administrasie van die uitplasingsfasiliteringsproses en die nakoming van die toepaslike prosedures en regulatoriese vereistes gedurende die studente se plasingsproses. Die ideale kandidaat sal verantwoordelik wees vir die administrasie van studente se vaktoetse en registrasies, asook hul plasing by ondernemings. Die rol behels ook skakeling met opleidingsowerhede en studente.

Posvereistes

  • ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie
  • ʼn Minimum van 3-5 jaar se ondervinding in die hantering van administrasie, verkieslik in ʼn tersiêre opleidingsomgewing.
  • Sterk rekenaarvaardighede (Excel, Word en Outlook).
  • Eie vervoer met ʼn geldige rybewys.
  • Kennis en ervaring van opleidingsowerhede sal in die aansoeker se guns tel.

Vaardighede en eienskappe wat tot die aansoeker se voordeel sal strek:

  • Sterk administratiewe vaardighede
  • Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
  • Uitstekende interpersoonlike vaardighede
  • Vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal
  • Toewyding aan die bereiking van doelwitte
  • Vermoë om te analiseer en te beplan
  • Entoesiasme, motivering en bereidwilligheid om te leer

Wat Ons Bied

  • ’n Gesonde werk-lewe-balans wat ruimte vir persoonlike welstand en balans bied
  • Welstandinisiatiewe deur die jaar om algehele welstand te ondersteun
  • Ondersteuning vir groei en verdere ontwikkeling

Indien jy aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel om aansoek te doen voor of op 16 November 2026.

How to apply

To apply for this job you need to authorize on our website. If you don't have an account yet, please register.