Multimediaskepper Internskap

Media24

LEEFSTYL (NETWERK24)

Wou jy nog altyd in die media werk? Doen nou aansoek vir Media24 se internskapposisie vir ’n knap multimediaskepper in ons Afrikaanse Leefstyl-afdeling .

 Doen aansoek as jy:

  • ’n Tersiêre kwalifikasie in joernalistiek, Afrikaans of ander relevante kwalifikasie het.
  • Nuuskierig is oor die wêreld en sy mense, en in voeling is met wat plaaslik en internasionaal aangaan.
  • Gretig is om te leer en groei.
  • Dol is oor stories en storievertellery, ongeag die formaat of platform.
  • Soos ’n droom kan skryf, maar ook in digitale media belangstel.
  • Met gemak ’n video met ’n slimfoon kan skiet.

Wat ons verlang:

  • Uitstekende taalvaardighede in Afrikaans.
  • Die vermoë om vinnig, akkuraat en onder druk te werk.
  • Die vermoë om in ’n span te werk en ’n redakteur se opdragte te volg.

Wat jy sal doen:

  • Stories en inhoud vir ons Afrikaanse leefstyltitels se digitale platforms skep.
  • Vir interessante stories op die web rondsnuffel wat ons lesers graag sal wil lees.
  • Help om multimedia-inhoud saam te stel wat ons lesers sal interesseer.

 

Media24 is Suid-Afrika se toonaangewende mediamaatskappy met belange in digitale media en dienste, koerante, tydskrifte, e-handel, uitgewery, drukkerye en verspreiding. Dit is deel van Naspers, ’n multinasionale groep met media- en e-handelplatforms.

Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.

 

Sluitingsdatum: 26 November 2026

How to apply

To apply for this job you need to authorize on our website. If you don't have an account yet, please register.